YouTube bied 'n platform waarop videos regstreeks uitgesaai kan word, en dit bied natuurlik 'n opsie om vir studente videos te maak wat hulle kan kyk terwyl dit gemaak word!

Ons maak intensief hiervan gebruik om studente te help as die vraag wat hulle vra 'n verduideliking nodig het, en daar nie alreeds 'n video daarvoor in ons databasis is nie.

Vir die student is dit dan so maklik soos om op 'n skakel te kliek, en dan word daar 'n "klas" aangebied!

Kyk gerus hieronder na 'n tipiese etutor sessie.