Die NumberThumper speletjie is 'n multi-gebruiker, aanlyn speletjie waar spelers se vermoë om vinnig hoofrekene te doen, tot die uiterste beproef kan word.
Die grootste getal is 9, en enige getal van 0 tot 9 moet met optel, aftrek, maal of deel gevorm word uit die getalle op die bord. Indien daar nie voldoende getalle is nie, kan 'n getal op die bord gesit word vir latere gebruik, maar dan moet daar ook strategies gedink word daaroor, sodat hierdie getal later weer gebruik kan word om 'n ander getal te kan vorm.
Omdat meer as een speler op die bord besig kan wees kan getalle deur iemand anders gebruik word, dus is spoed van hoofrekene 'n deurslaggewende faktor!