Die MATHmechanic se leuse is: "We teach questions".

Die vra van vrae is só belangrik dat ons dit die geheim van sukses in Wiskunde noem, en dit is een van die mees belangrikste vaardighede wat ons aan ons studente kan oordra, meer as enige bewerkings of algebra of trigonometrie.

Uiteraard moet ons dan 'n platform skep waarop studente hulle vrae kan vra, en daar is niks beter as WhatsApp nie....studente kan hulle vrae as fotos, teks of stemnotas stuur, en deur met hulle te gesels kan ons baie gou agterkom waar presies die afbreekpunte is, sodat dit aangespreek kan word.

'n Groot voordeel van WhatsApp is dat die studente tegnies elke dag hulp met hulle Wiskunde het, eerder as die tradisionele "ekstra klasse" waar hulle net een keer per week hulp kan ontvang.

Die idee van 'n plek om met iemand te gesels verleen homself ook na dienslewering - nou kan die studente en hulle ouers maklik met 'n mens gesels wat passwords of ander tegniese probleme kan help oplos.