Hoe werk dit?
e-Learning is nie soos tradisionele "ekstra klasse" nie. Dit gebruik innoverende tegnologie om ELKE DAG vir die studente beskikbaar te wees, eerder as net een keer per week.

Die vertrekpunt is die aanname dat die student 'n vraag het oor iets in Wiskunde, en hierdie vraag, wanneer dit aan die MATHmechanic gevra word, sit dan die hele proses in beweging, wat UNIEK en INDIVIDUEEL tot elke student is.
Is daar spesifieke tye wat ons nie mag vrae stuur nie?
Nee, die WhatsApp platform is oop 24 uur per dag, 7 dae per week.

Ons enigste voorwaarde is net dat ons nie kan belowe om dadelik te reageer nie, maar ons onderneem om te antwoord so gou as wat die geleentheid homself voordoen.
Wat kos dit?
Ons standaardprys is R600 per maand, en dit is vir maand-tot-maand.

As jy egter bereid is om in te skryf vir 'n minimum periode van 36 maande (of tot einde matriek as dit eerste kom) en ook om in te stem op 'n debietorder vir betaling, dan bied ons die tutor-on-call, Back to Basics video-databasis, die etutor fasiliteit en die RazorMaths aanlyn toetse aan vir slegs R230 per maand.
Is daar 'n demo-periode om dit te toets?
Vir seker!

Ons is deeglik bewus daarvan dat die manier waarop ons Wiskunde tutoring hanteer 'n baie nuwe konsep is...meeste mense dink nog aan "ekstra klasse" waar hulle die kinders een-keer-per-week êrens heen moet vat vir 'n uur, en ons kom met 'n heel ander inslag: Ons is beskikbaar vir ons studente elke dag, elke keer as hulle Wiskunde vrae het!

Dit vereis egter dat die studente bereid moet wees om vrae te vra, en die dissipline en verantwoordelikheidsin moet hê om te gebruik wat ons bied. Hierdie e-Learning benadering werk dus nie vir almal nie, maar as jy onseker is, en graag wil probeer sonder 'n langtermyn of duur verbintenis, maar gerus gebruik van ons SPESIALE PROMOSIE - vir slegs R300pm oor 6 maande kan jy kyk of hierdie benadering vir jou en jou kind werk. Kontak ons en noem dat jy die promosiepakket wil neem.

Die proses, baie vinnig opgesom, is soos volg:
  1. Die student kontak ons op WhatsApp met 'n vraag
  2. Hierdie vraag word deeglik bespreek om uit te vind waar presies die afbreekpunt is, want dit kan vorige grade se tegnieke wees....
  3. Die student word deur 'n paar prosesse gevat (op WhatsApp) om te kyk of die vraag beantwoord kan word
  4. Indien nie word 'n video(s) uit die Back-to-Basics databasis gegee om eers te gaan kyk. Dan word daar verder aan die vraag gewerk.
  5. Indien die korrekte of relevante video nie bestaan nie word dit deur middel van die etutor-fasiliteit vir die student geskep.